1 Timothy 5:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sommige mense se sondes is vooraf oop en gaan voor die oordeel uit; en 'n paar manne wat hulle agtervolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou, sommige mense lei openlik sondige lewens, en almal weet dat hulle geoordeel sal word. Ander weer se sondes sal eers later aan die lig kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna. |
| Afrikaans 1983 | Party mense sondig so openlik dat hulle sondes hulle vooruitloop na die oordeel toe. By ander kom die sondes eers later aan die lig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die sondes van sommige mense is baie duidelik, en loop hulle daarom vooruit op pad na die oordeel; maar ander se sondes agtervolg hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens kan party mense se sondes maklik sien, jy weet dat God hulle sal oordeel. Maar ander mense se sondes sien jy later. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die gemeente werk dit so: party mense doen sommer oop en bloot dinge waarvan God nie hou nie. Almal weet daarvan nog voor die saak behoorlik ondersoek is. Ander doen dit weer stilletjies en in die geheim. ’n Mens hoor eers later daarvan as dit ondersoek word. |