1 Timothy 5:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat sonde bestraf voor almal, sodat ook ander kan vrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigeen wat sondig, moet voor die hele gemeente berispe word sodat die ander ook op hulle hoede kan wees.
Afrikaans 1933/1953 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.
Afrikaans 1983 Dié wat verkeerde dinge doen, moet jy openlik bestraf sodat die ander ook afgeskrik kan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Berispe in almal se teenwoordigheid diegene wat aanhou sondig, sodat die ander ook afgeskrik kan word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer ouderlinge aanhou om sonde te doen, dan moet jy voor die hele gemeente sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit doen sodat die ander ouderlinge ook bang kan word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand iets verkeerds gedoen het, moet daar voor almal streng met hom oor sy fout gepraat word. Dit sal ander help om nie dieselfde fout te maak nie.