1 Timothy 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die Skrif sê: Jy mag die bees wat die graan dors, nie muilband nie. En: Die arbeider is sy loon waardig.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die Skrif sê: “Moenie ’n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.” En op ’n ander plek: “Dié wat werk, verdien hulle loon.”
Afrikaans 1933/1953 Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.
Afrikaans 1983 want die Skrif sê: “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie,” en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die Skrif sê, “Jy mag 'n bees wat graan trap, nie muilband nie,” en “'n Arbeider is sy loon werd.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want in die Ou Testament is geskryf: “ Jy mag nie 'n bees se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.” En daar is ook geskryf: Wanneer iemand werk, dan moet jy hom beloon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die Skrif staan daar mos: “Jy moenie die bees se bek toebind wat besig is om jou met jou koringoes te help nie,” en: “Iemand wat werk, mag ook geld kry vir die werk wat hy doen.”