1 Timothy 5:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die ouderlinge wat goed regeer dubbele eer waardig geag word, veral hulle wat arbei in die woord en die leer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer. |
| Afrikaans 1983 | Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die ouderlinge wat goed leiding gee, dubbele eer ontvang, veral diegene wat hard werk aan woordverkondiging en onderrig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is ouderlinge wat goeie leiers is. Die gelowiges moet hulle respekteer en beloon, spesiaal die ouderlinge wat baie hard werk en preek en vir die mense leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gemeente moet vir die leiers in die gemeente wat mooi na die sake van die gemeente kyk behoorlik dankie sê, veral as hulle vir ander van die Here vertel en hulle help om al hoe meer van God se dinge te verstaan. Hulle moet hulle selfs betaal. |