1 Timothy 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As enige man of vrou wat glo, weduwees het, laat hulle hulle help, en laat die gemeente nie aangekla word nie; dat dit die wat waarlik weduwees is, kan verlos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n Christenvrou weduwees in haar familie het, moet sy hulle versorg en nie die verantwoordelikheid op die gemeente afskuif nie. Dan kan die gemeente dié weduwees versorg wat werklik alleen is. |
| Afrikaans 1933/1953 | As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet die aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help. |
| Afrikaans 1983 | As 'n gelowige vrou weduwees in haar familie het, moet sy vir hulle sorg. Sy moet nie die las op die gemeente lê nie, sodat die gemeente die weduwees kan help wat alleen agtergelaat is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n gelowige vrou weduwees in haar familie het, laat sy hulle help! Laat die gemeente nie belas word nie, sodat hulle ondersteuning kan gee aan dié wat werklik weduwees is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n vrou wat in Christus glo, weduwees in haar familie het, dan moet sy vir hulle sorg. Sy moenie dink dat die gemeente vir daardie weduwees moet sorg nie. Die gemeente kan dan sorg vir die weduwees wat nie familie het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n Christenvrou weduwees in haar huis het, moet sy self na hulle kyk. Sy moet nie verwag dat die res van die gemeente moet help nie. So sal die gemeente net na die weduwees hoef te kyk wat regtig niemand het om vir hulle te sorg nie. |