1 Timothy 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek wil dus dat die jonger vroue trou, kinders baar, die huis lei, die teëstander geen aanleiding gee om smaad te praat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom raai ek hierdie jonger weduwees aan om te hertrou, kinders te hê en hulle eie huise te versorg. Dan sal hulle die vyand geen aanleiding gee om ons te beskinder nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom verkies ek dat die jonger weduwees weer trou, kinders kry, hulle huise versorg en geen teenstander aanleiding gee om kwaad te praat van ons nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom verwag ek van jonger weduwees dat hulle moet trou, kinders kry, huishoudings bestuur en die teenstander geen geleentheid gee om kwaad te praat nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil hê die jonger weduwees moet trou en hulle moet kinders kry en goed sorg vir hulle huisgesinne. Dan sal ons vyande nie slegte dinge van ons kan sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom is dit vir my ’n baie beter oplossing dat die jonger weduwees weer moet trou, kinders moet hê en hulle huis behoorlik aan die gang moet hou. Dan sal die mense wat nie van die kerk hou nie, nie allerhande lelike dinge oor hulle kan sê nie. |