1 Timothy 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Goed bekend vir goeie werke; as sy kinders grootgemaak het, as sy vreemdelinge gelos het, as sy die voete van die heiliges gewas het, as sy die ellendige verlos het, as sy elke goeie werk ywerig nagevolg het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy moet gerespekteer wees deur almal vanweë die goeie dade wat sy gedoen het. Het sy haar kinders goed opgevoed? Was sy gasvry teenoor vreemdelinge? Het sy ander gelowiges nederig gedien? Het sy dié wat in die moeilikheid was, gehelp? Het sy altyd reggestaan om goed te doen?
Afrikaans 1933/1953 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.
Afrikaans 1983 Sy moet bekend wees om haar goeie dade, naamlik dat sy haar kinders goed opgevoed het, vreemdelinge gehuisves het, die voete van die gelowiges gewas het, die verdruktes gehelp het en goed gedoen het waar sy kon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) as daar van haar goeie werke getuig word, as sy kinders goed grootgemaak het, as sy gasvry was, as sy die voete van •heiliges gewas het, as sy mense in verdrukking bygestaan het, as sy haar toegespits het op elke goeie werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander mense moet mooi dinge oor hierdie weduwee kan vertel. Mense moet weet en sê dat sy haar kinders goed grootgemaak het, dat sy goed was vir vreemdelinge, dat sy die voete van ander gelowiges gewas het, dat sy mense gehelp het wat swaargekry het, dat sy baie dinge gedoen het wat goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy moet bekend wees vir die goeie lewe wat sy lei. Sy moes mooi na haar kinders gekyk en hulle goed grootgemaak het. Mense moes altyd by haar welkom gevoel het en sy moes altyd gewillig gewees het om ander te dien, al was die takie hoe nederig. Sy moes altyd daar gewees het om te help as iemand hulp nodig gehad het. Die leuse van haar lewe moet wees: doen goed aan ander.