1 Timothy 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar weier onheilige en ou vrouens se fabels, en oefen jou liewer tot godsaligheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees en ouvroustories nie. Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. |
| Afrikaans 1983 | Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is mense wat niks van God weet nie, mense wat self stories maak en vertel, stories wat niks beteken nie. Jy moenie na hulle stories luister nie. Jy moet oefen om God altyd beter te dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juis daarom moet jy jou nie steur aan al die stories wat mense uitdink en wat eintlik niks met God te doen het nie. Sorg jy liewer dat jy God reg dien. |