1 Timothy 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) verbied om te trou en beveel om te onthou van voedsel wat God geskep het om met danksegging ontvang te word van die wat glo en die waarheid ken.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal sê dit is verkeerd om getroud te wees en verkeerd om sekere kosse te eet. Maar God het daardie kosse geskep om met danksegging geëet te word deur mense wat die waarheid ken en glo.
Afrikaans 1933/1953 wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
Afrikaans 1983 Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Dit is die mense wat in Christus glo en wat weet dat die boodskap van Christus waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink net, hulle sê mense mag nie trou nie en vertel vir hulle dat hulle sekere kos nie mag eet nie. Wat hulle vergeet, is dat God alles gemaak het, ook die kos.