1 Timothy 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder moet hy 'n goeie verslag hê van die wat buite is; dat hy nie in smaad en in die strik van die duiwel val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die buitestanders moet ook goed van hom praat sodat hy nie in die duiwel se strik trap en tot skande kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.
Afrikaans 1983 Ook by die mense buite die gemeente moet hy as 'n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in 'n strik van die duiwel val nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Boonop moet hy 'n goeie reputasie onder die mense buite die gemeente hê, sodat hy nie in die skande en in die Duiwel se strik beland nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Ouderling moet reg lewe, sodat die mense wat nie gelowiges is nie, hom ook sal respekteer. Hulle moet weet dat hy nie slegte dinge doen nie, dan sal die duiwel hom nie in sy vangnet kan vang nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie-Christene moet niks slegs kan sê van die leier van die gemeente nie, want anders sal die duiwel alles in die wiele ry wat die leier doen.