1 Timothy 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as ek lank vertoef, dat jy kan weet hoe jy jou moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, die pilaar en grondslag van die waarheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Ingeval ek vir ’n tydjie nog nie kan kom nie, sal jy weet hoe mense hulle moet gedra in die huishouding van God — dit is die kerk van die lewende God wat die pilaar en stut van die waarheid is.
Afrikaans 1933/1953 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid.
Afrikaans 1983 Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as ek vertraag word, moet jy weet hoe jy jou moet gedra in die huishouding van God: dit is die •kerk van die lewende God, 'n pilaar en 'n fondament van die waarheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek skryf hierdie dinge vir jou sodat as ek miskien nie so gou kan kom nie, jy sal weet hoe mense hulle in God se huisgesin moet gedra. Die gemeente van die lewende God is hierdie huisgesin. Die gemeente het nie alleen die waarheid nie, maar moet ook sorg dat die waarheid nie verdraai word nie.