1 Timothy 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so moet hulle vroue ernstig wees, nie lasteraars nie, nugter, in alles getrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so moet hulle vroue gerespekteer word en nie kwaad praat van ander nie. Hulle moet selfbeheersing openbaar en getrou wees in alles wat hulle doen.
Afrikaans 1933/1953 Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.
Afrikaans 1983 Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net so moet vroue waardig wees, nie skindertonge nie, sober, betroubaar in alles.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vroue wat in die gemeente wil werk, moet ook mense wees wat reg lewe. Hulle moenie oor ander gelowiges skinder nie. Hulle moet reg kan besluit en almal moet weet dat hulle altyd sal doen wat hulle belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroue wat in die gemeente help, moet ook respek afdwing by ander. Hulle moenie skinder en uitspattig lewe nie. ’n Mens moet ook op hulle kan peil trek.