1 Timothy 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat ook hierdie eers beproef word; laat hulle dan die amp van 'n diaken gebruik, terwyl hulle onberispelik bevind word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voordat hulle as diakens aangestel word, moet hulle eers getoets word. As dit blyk dat hulle onbesproke is, kan hulle as diakens dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet ook eers 'n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien. |
| Afrikaans 1983 | Vooraf moet ondersoek ingestel word na hulle geskiktheid, en as niemand beswaar teen hulle inbring nie, kan hulle as diakens dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar laat hulle eers getoets word, en as hulle onberispelik bevind word, laat hulle dan as diakens optree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander gelowiges moet eers goed kyk hoe die mense lewe wat diakens wil word. As niemand oor hulle kan praat en sê dat hulle verkeerde dinge doen nie, dan mag hulle diakens word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voordat hulle diakens word, moet die gemeente eers seker maak of hulle dit kan word. Die gemeente moet moeite doen om te kyk of daar nie slegte gerugte die rondte doen oor die moontlike diakens nie. As daar nie klagtes is nie, kan die persone as diakens aangestel word. |