1 Thessalonians 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om verlossing te verkry deur onse Here Jesus Christus,
Afrikaans (NLV) 2011 God se bedoeling met ons is nie dat ons gestraf moet word nie, maar dat ons deur ons Here Jesus Christus verlos word!
Afrikaans 1933/1953 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
Afrikaans 1983 God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want God het ons nie tot veroordeling bestem nie, maar om deur ons Here Jesus •Christus verlossing te verkry,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God wil ons nie straf wanneer die Here Jesus Christus weer kom nie. God wil iets anders vir ons gee, Hy wil hê dat die Here Jesus Christus ons moet red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het besluit dat ons nooit in der ewigheid aan sy straf onderwerp sal word nie, maar dat ons deur die Here Jesus Christus gered word.