1 Thessalonians 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar laat ons, wat van die dag is, nugter wees deur die borswapen van geloof en liefde aan te trek; en vir 'n helm, die hoop op verlossing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons wat by die dag hoort, moet egter nugter bly deur geloof en liefde as ’n borsharnas aan te trek en as helm die vooruitsig op ons verlossing. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. |
| Afrikaans 1983 | Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons wat van die dag is, egter nugter wees, noudat ons die borsplaat van geloof en liefde, en die helm van hoop op verlossing, aangetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons wat hou van die dag, ons moenie soos dronk mense wees nie. Ons moet die oorlogklere aantrek wat God vir ons gee: Hierdie klere is 'n harnas en 'n helm. Die harnas help ons om aan te hou glo en om lief te wees vir ander mense. Die helm help ons om aan te hou hoop dat God ons sal red wanneer die Here Jesus Christus weer kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gelukkig het die Here ons uit ons slaap wakker gemaak. Ons is dagmense wat die Here se spesiale wapens moet aantrek. Geloof en liefde is die eerste spesiale wapen wat die Here vir ons gee om ons hart soos ’n pantser te beskerm. Ons moet al ons vertroue in God stel om ons te lei. Die tweede wapen wat die Here ons gee, is ’n vaste oortuiging hier binne-in ons dat ons onderweg is na die Here se wêreld. Dit pas soos ’n sterk helm op ons kop. |