1 Thessalonians 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk is, is in die nag dronk.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat slaap, slaap snags, en dié wat hulle dronk drink, drink snags.
Afrikaans 1933/1953 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
Afrikaans 1983 Dié wat slaap, is van die nag; en dié wat hulle dronk drink, is van die nag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hulle wat slaap, slaap snags, en diegene wat hulle dronk drink, doen dit snags.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat slaap, slaap in die nag, en mense wat dronk word, word in die nag dronk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die sonde is soos ’n slaappil. Dit sus mense aan die slaap. Daarom strompel daardie spul wat hulle aan drank oorgee soos slaapwandelaars van die een dronkpartytjie na die ander.