1 Thessalonians 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat daardie dag julle soos 'n dief sou oorval nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar júlle, broers en susters, leef nie in die duisternis sodat dié dag julle soos ’n dief sal oorval nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar, broers, julle leef nie in die duisternis nie; dié dag sal julle nie soos 'n dief oorval nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar julle, broers, is nie in die duisternis nie, sodat dié dag julle nie soos 'n dief sal oorval nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar vriende, julle lewe nie in die donker nie, julle weet hoe julle moet lewe. Julle sal gereed wees wanneer die dag van die Here kom. Dit sal nie soos 'n dief na julle toe kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie. |