1 Thessalonians 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wanneer hulle sal sê: Vrede en veiligheid; dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou; en hulle sal nie ontvlug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die mense nog sê: “Alles is rustig en veilig,” dan skielik, soos geboortepyne ’n swanger vrou oorval, oorval ondergang hulle. Hulle sal dit beslis nie vryspring nie.
Afrikaans 1933/1953 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid -- dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Afrikaans 1983 Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle sê, “Daar is vrede en veiligheid,” kom daar skielik vernietiging oor hulle, soos geboortepyne 'n swanger vrou oorval, en hulle sal beslis nie ontkom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal sê: “Daar is nou vrede en ons is veilig,” en dan sal dit skielik baie baie sleg gaan met daardie mense. Dit sal wees soos wanneer 'n vrou 'n baba moet kry, haar pyn kom skielik. Die mense sal glad nie kan wegvlug nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie mense sal nog sê: “Ag nee wat, alles is veilig,” dan val alles rondom hulle skielik inmekaar. Hierdie mense sal begin skree van die pyn, net soos ’n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee. Maar dit sal niks help nie. Niemand sal op daardie dag wegkom nie.