1 Thessalonians 5:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek beveel julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek vra namens die Here dat dié brief aan al die broers en susters voorgelees sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word. |
| Afrikaans 1983 | In die Naam van die Here dring ek by julle daarop aan dat hierdie brief aan al die gelowiges voorgelees word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek versoek julle plegtig voor die Here dat hierdie brief aan al die broers voorgelees word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir my belowe en die Here moet die getuie wees dat julle hierdie brief vir al die gelowiges sal lees sodat hulle dit kan hoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En ek versoek julle baie ernstig in die Naam van die Here dat hierdie brief by julle byeenkomste aan al die gelowiges voorgelees word. |