1 Thessalonians 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En om hulle in liefde baie hoog te ag ter wille van hulle werk. En wees in vrede onder mekaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon. Leef in vrede met mekaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. |
| Afrikaans 1983 | Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en om, op grond van hulle werk, in liefde en met die hoogste agting teenoor hulle op te tree. Leef in vrede met mekaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet julle leiers respekteer en baie lief wees vir hulle, want hulle doen belangrike werk. Julle moet só lewe dat daar vrede is tussen julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle. Moet asseblief nie onder mekaar stry en baklei nie. |