1 Thessalonians 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ons smeek julle, broeders, om die wat onder julle arbei en oor julle in die Here is, te ken en julle te vermaan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; |
| Afrikaans 1983 | Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ons vra julle, broers, om respek te betoon aan diegene wat ywerig onder julle werk, en julle in die Naam van die Here voorgaan en teregwys, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos. |