1 Thessalonians 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat niemand verder gaan en sy broer in enige saak bedrieg nie, want die Here is die wraak van al hierdie dinge, soos ons julle ook vooraf gewaarsku en getuig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand moet in hierdie opsig sy medegelowige benadeel of misbruik nie, want die Here wreek al sulke dinge. So het ons ook vroeër vir julle gesê en julle ernstig gewaarsku.
Afrikaans 1933/1953 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
Afrikaans 1983 Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en dat hy nie sal oortree, en sy broer in dié saak bedrieg nie. Want, soos ons tevore vir julle gesê en nadruklik bevestig het: die Here vergeld al hierdie dinge.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God wil ook hê gelowiges moenie sonde doen teen mekaar nie. Die een man moenie 'n ander man se vrou wil hê en haar vir homself vat nie. Die Here sal hierdie soort sonde straf. Ons het dit voorheen vir julle gesê en ons het julle ernstig gewaarsku.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek waarsku julle, moenie julle aan verkeerde seksuele gedrag skuldig maak nie. Onder geen omstandighede mag julle ’n skelm verhouding met ’n ander gelowige se huweliksmaat hê nie. Onthou, die Here sien dit raak. Hy straf sulke sondes.