1 Thessalonians 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie in die begeerlikheid van begeerlikheid nie, net soos die heidene wat God nie ken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie uit seksuele drange ’n vrou soek soos die ongelowiges wat God nie ken nie.
Afrikaans 1933/1953 nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
Afrikaans 1983 julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) nie uit wellustige begeerte soos die heidene wat God nie ken nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie doen soos die heidene wat nie vir God ken nie. Daardie mans gebruik hulle vroue net vir seks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle huwelik moet so kosbaar wees dat daar geen tyd of plek vir verkeerde seksuele begeertes in julle lewe is nie. Ongelowiges wat hulle nie aan God steur nie, vang al daardie vieslike dinge aan.