1 Thessalonians 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink.
Afrikaans 1933/1953 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Afrikaans 1983 Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die Here self sal met 'n luide bevel, met die stem van 'n aartsengel, en met 'n trompetgeskal van God, uit die hemel afkom, en diegene wat in •Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Here Jesus kom, dan sal Hy hard roep en sê wat moet gebeur. 'n Groot engel sal hard roep, en die trompet van God sal blaas. Die Here Jesus self sal uit die hemel kom, en die mense wat gesterf het en wat in Christus glo, sal eerste weer lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer God beveel dat die laaste dag aanbreek, sal die heel belangrikste engel in die hemel skielik kliphard uitroep. God se hemelse trompet sal ook begin blaas. Terwyl dit gebeur, sal die Here na die aarde toe kom. Al die Christene wat reeds dood is, sal lewendig word.