1 Thessalonians 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle doen dit aan al die broeders wat in die hele Macedónië is; maar ons smeek julle, broeders, dat julle meer en meer moet vermeerder;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle tree inderdaad so teenoor alle medegelowiges in Masedonië op. Nogtans spoor ons julle aan, broers en susters: Lê julle nog meer daarop toe
Afrikaans 1933/1953 en julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedonië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees
Afrikaans 1983 En dit doen julle dan ook teenoor al die broers in die hele Masedonië. Ons versoek julle egter dringend, broers: Lê julle nog meer daarop toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle het inderdaad ook al die broers in die hele Macedonië lief. Maar ons moedig julle aan, broers, om dit nog meer te doen,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons weet julle is lief vir al die gelowiges in die hele provinsie Masedonië. Maar, vriende, ons vra weer baie mooi, julle moet dit nog beter doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet julle is regtig lief vir al die gelowiges daar in die provinsie Masedonië. Maar, my liewe broers en susters, ek vra julle baie ernstig, gee asseblief nog meer vir ander gelowiges om.