1 Thessalonians 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder smeek ons julle dan, broeders, en vermaan julle in die Here Jesus, dat soos julle van ons ontvang het hoe julle behoort te wandel en God te behaag, so sal julle meer en meer oorvloedig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Ten slotte, broers en susters, vra ons julle en spoor ons julle aan om as deel van julle verhouding met die Here Jesus julle leefstyl in te rig volgens die voorskrifte wat julle van ons ontvang het oor hoe julle moet lewe om God gelukkig te maak. Julle doen dit ook, maar lê julle nóg meer daarop toe.
Afrikaans 1933/1953 Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
Afrikaans 1983 En nou het ons nog iets anders om van julle te vra, broers. Julle het van ons geleer hoe God wil hê julle moet lewe. Julle doen dit ook, maar in die Naam van die Here Jesus versoek ons julle dringend: Lê julle nog meer daarop toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder dan, broers, vra ons julle, en spoor ons julle ter wille van die Here Jesus aan: Julle is deur ons onderrig oor hoe julle moet leef om God te behaag; julle leef inderdaad reeds hiervolgens, maar julle moet nog al hoe meer so leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, daar is nog 'n paar dinge waaroor ons met julle wil praat. Die Here Jesus sê ons moet vir julle iets vra wat baie belangrik is. Ons het vir julle geleer hoe julle moet lewe sodat God tevrede sal wees met julle. Ons weet julle doen dit al klaar, maar ons wil vra dat julle dit nog beter moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe broers en susters, ek het julle geleer presies hoe julle moet leef om God se hart bly te maak. En julle doen dit ook. Nou vra ek julle baie ernstig in die Naam van die Here Jesus, span julle selfs nog meer in om al hierdie dinge te doen.