1 Thessalonians 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want watter dank kan ons God weer vir julle betuig, oor al die vreugde waarmee ons ons om julle ontwil verheug voor onse God;
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe kan ons God ooit genoeg vir julle dank? Wat kan ons vir Hom terugdoen vir al die vreugde oor julle waarmee ons voor ons God bly is?
Afrikaans 1933/1953 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,
Afrikaans 1983 Hoe kan ons na behore aan ons God die dank bring vir al die blydskap wat ons voor Hom oor julle het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Watter dank kan ons immers na behore aan God bring oor julle, vir elke vreugde oor julle wat ons voor ons God het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer ons aan julle dink, dan is daar baie dinge wat ons bly maak. Ons kan nie vir God genoeg dankie sê oor julle wanneer ons tot Hom bid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe kan ek ooit vir God genoeg dankie sê vir julle almal? Julle verander my gebede in een groot fees! Want ek hou net aan om dank aan ons wonderlike God te bring oor julle. My lewe loop oor van vreugde oor julle!