1 Thessalonians 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, broeders, is ons oor julle vertroos in al ons ellende en benoudheid deur julle geloof.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, broers en susters, deur júlle geloof is ons in al ons nood en swaarkry oor julle gerusgestel.
Afrikaans 1933/1953 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.
Afrikaans 1983 Daarom, broers, het ons in al ons nood en swaarkry weer moed geskep vir julle omdat julle nog glo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) is ons, wat julle betref, broers, te midde van al ons nood en verdrukking, vertroos deur julle geloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, ons het baie probleme en ons kry swaar, maar ons voel tevrede oor julle, want ons weet julle hou aan om te glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tussen al die vervolging en swaarkry deur wat ek moet verduur, het die nuus dat julle steeds glo my sommer baie moed gegee.