1 Thessalonians 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou toe Timoteus van julle af na ons gekom het en vir ons 'n goeie tyding gebring het van julle geloof en liefde, en dat julle altyd aan ons 'n goeie gedagtenis het en baie graag begeer om ons te sien, net soos ons julle ook sal sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nou het Timoteus van julle af by ons teruggekom met goeie nuus oor julle geloof en liefde. Hy het ook vertel dat julle altyd goeie herinneringe aan ons het en dat julle net so baie na ons verlang as ons na julle.
Afrikaans 1933/1953 Maar nou dat Timothes net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd 'n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle --
Afrikaans 1983 Nou is Timoteus van julle af terug by ons, en hy het ons die goeie nuus gebring van julle geloof en liefde. Hy het ons vertel dat julle nog altyd die aangenaamste herinneringe aan ons het en dat julle net so na ons verlang as ons na julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar vandat Timoteus van julle af by ons aangekom en die goeie nuus van julle geloof en liefde aan ons oorgedra het – dat julle deurentyd goeie herinneringe aan ons het en daarna smag om ons te sien, soos ons vir julle –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Timoteus het klaar teruggekom van julle en hy het vir ons goeie nuus gebring. Hy sê julle hou aan om in God te glo en julle is lief vir mekaar. Hy sê ook julle dink aan mooi dinge wanneer julle aan ons dink, en julle verlang om ons te sien, soos ons ook verlang om julle te sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar toe Timoteus daar van julle af terugkom, het hy goeie nuus vir my gehad. Hy het kom vertel dat julle vertroue in die Here sterk is en dat julle vir mekaar lief is. Boonop het julle die mooiste herinneringe aan my en verlang julle om my weer te sien; net soos ek ook na julle almal verlang.