1 Thessalonians 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, toe ek dit nie meer kon uithou nie, het ek gestuur om julle geloof te leer ken, sodat die versoeker julle nie op een of ander manier versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, toe ek ook nie langer kon uithou nie, het ek Timoteus gestuur om oor julle geloof uit te vind of die verleier julle nie op ’n manier verlei het en ons harde werk op niks uitgeloop het nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.
Afrikaans 1983 Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het en al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom het ek ook, toe ek dit nie langer kon verduur nie, vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof gaan, en of die verleier julle nie miskien verlei het, en ons moeitevolle arbeid vergeefs was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek kon nie langer wag nie, ek wou hoor hoe dit met julle gaan. Daarom het ek gesê ons moet vir Timoteus stuur om te gaan uitvind of julle nog glo. Hy moes seker maak dat die Satan julle nie verlei het sodat julle nie meer glo nie. As julle opgehou het om te glo, dan het ons werk by julle niks beteken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In elk geval, toe ek dit nie meer kon uithou van verlange na julle nie, het ek besluit om Timoteus na julle toe te stuur. Ek wou baie graag weet of julle nog glo. Ek was benoud dat die groot verleier julle dalk verlei het om terug te val in julle ou sondes. Dan was al ons harde werk daarmee heen.