1 Thessalonians 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want voorwaar, toe ons by julle was, het ons vantevore vir julle gesê dat ons verdrukking moet ly; net soos dit gebeur het, en julle weet.
Afrikaans (NLV) 2011 Ook toe ons nog by julle was, het ons vooraf vir julle gesê dat ons op die punt staan om vervolg te word. En, soos julle weet, het dit toe ook gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
Afrikaans 1983 Toe ons nog by julle was, het ons julle al gewaarsku dat ons vervolg sal word, en soos julle weet, het dit ook gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ook toe ons by julle was, het ons herhaaldelik vooraf vir julle gesê dat ons verdruk sal word, iets wat, soos julle weet, inderdaad gebeur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ons by julle was, het ons vir julle gesê dat ons sal swaarkry. Ons het dit gesê voordat dit gebeur het, en julle weet dit het alles presies so gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek nog daar by julle was, het ek dikwels gesê dat ons almal moet ly. Dit het toe presies net so gebeur.