1 Thessalonians 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Here laat julle toeneem en oorvloedig wees in liefde onder mekaar en teenoor alle mense, net soos ons teenoor julle.
Afrikaans (NLV) 2011 En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense so groot en oorvloedig maak dat dit net soos ons liefde vir julle sal wees.
Afrikaans 1933/1953 en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,
Afrikaans 1983 En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) mag die Here julle liefde vir mekaar en vir almal laat toeneem en oorvloedig maak, soos ons liefde vir julle ook is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons bid dat die Here julle liefde sal laat groei en dat julle vol sal word van liefde vir mekaar en liefde vir almal, soos ons ook lief is vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My gebed is dat die Here julle baie lief vir mekaar sal maak. En ook vir ander mense. Mag julle liefde net sterker en sterker word. Julle moet net so lief wees vir ander as wat ek nou vir julle is.