1 Thessalonians 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nag en dag baie bid dat ons u aangesig mag sien en dit wat in u geloof ontbreek, kan volmaak?
Afrikaans (NLV) 2011 Dag en nag vra ons ernstig om julle weer persoonlik te sien en om die tekorte van julle geloof aan te vul.
Afrikaans 1933/1953 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
Afrikaans 1983 Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terselfdertyd smeek ons bedags en snags baie ernstig om julle van aangesig tot aangesig te mag sien, en om te kan voorsien in wat aan geloof by julle ontbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons bid ernstig elke dag en nag dat ons julle weer sal sien. Ons bid ook dat ons oor die ander dinge kan praat wat julle glo maar wat julle nog nie goed verstaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dieselfde asem bid ek nog die hele tyd baie ernstig dat God dit vir my moontlik sal maak om weer daar by julle uit te kom. Ek wil julle baie graag weer sien. Ek moet julle geloof nog sterker maak sodat daar niks in julle geestelike toerusting sal ontbreek nie.