1 Thessalonians 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want julle dink, broeders, aan ons arbeid en ons moeitevolle arbeid: omdat ons dag en nag gewerk het, omdat ons niemand van julle verskuldig sou wees nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, julle onthou mos nog hoe hard ons gewerk en geswoeg het. Terwyl ons dag en nag gewerk het om nie vir enigeen van julle ’n las te wees nie, het ons God se Goeie Nuus aan julle verkondig.
Afrikaans 1933/1953 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.
Afrikaans 1983 Julle onthou immers nog, broers, hoe ons geswoeg en gesweet het. Dag en nag het ons gewerk om nie vir enigeen van julle 'n las te wees terwyl ons die evangelie van God aan julle verkondig het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle onthou tog ons moeite en harde werk, broers; terwyl ons bedags en snags gewerk het, sodat ons vir niemand van julle 'n las sou wees nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, onthou julle hoe hard ons gewerk en gesweet het toe ons by julle was? Ons het elke dag en nag gewerk om self te betaal vir ons kos en slaapplek, ons wou vir niemand van julle vra om vir ons te sorg nie. So het ons God se goeie boodskap vir julle gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle onthou seker nog hoe hard ek daar by julle geswoeg en gesweet het. Tussen al my preke deur het ek my eie inkomste verdien. Ek het dit gedoen omdat ek nie ’n finansiële las op julle skouers wou laai terwyl ek die goeie nuus oor God aan julle bekendmaak nie.