1 Thessalonians 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat ons dus liefdevol na julle verlang het, was ons gewillig om nie net die evangelie van God aan julle mee te deel nie, maar ook ons eie siele, omdat julle vir ons dierbaar was.
Afrikaans (NLV) 2011 só het ons oor julle gevoel. Ons was heeltemal bereid om nie net God se Goeie Nuus met julle te deel nie, maar ook ons eie lewe, want ons het julle liefgekry.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.
Afrikaans 1983 So geheg is ons aan julle dat ons nie net die evangelie van God aan julle gegee het nie, maar ook ons lewe vir julle sou wou gee, want ons het julle lief gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en omdat ons op hierdie wyse na julle verlang, so het ons dit goedgedink om nie net die evangelie van God aan julle mee te deel nie, maar selfs ook ons eie lewens – omdat julle vir ons geliefd geword het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het baie verlang om by julle te wees, daarom het ons besluit om God se goeie boodskap vir julle te bring. En nie net dit nie, ons wou ook onsself vir julle gee, want ons het baie lief geword vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gee ontsettend baie om vir julle almal. Daarom was dit vir my ’n groot voorreg om die goeie nuus wat direk van God af kom, met julle elkeen te deel. Weet julle, ek sou selfs my eie lewe vir julle opgeoffer het omdat ek julle met my hele hart liefhet.