1 Thessalonians 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ons was sag onder julle, soos 'n verpleegster haar kinders koester.
Afrikaans (NLV) 2011 Al kon ons as apostels van Christus allerhande eise aan julle gestel het, was ons soos babatjies teenoor julle. Of soos ’n ma wat haar eie kinders aan haar laat drink,
Afrikaans 1933/1953 Maar ons was vriendelik onder julle soos 'n pleegmoeder haar kinders koester.
Afrikaans 1983 al kon ons as apostels van Christus allerhande eise aan julle gestel het. Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos 'n ma wat haar kinders vertroetel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) alhoewel ons as •apostels van •Christus eise kon stel. Maar ons het klein kindertjies in julle midde geword. Soos wanneer 'n moeder haar eie kinders voed en koester,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons is apostels van Christus en daarom mag ons gesê het dat julle vir ons moet sorg. Maar ons het dit nie gesê nie. Ons was soos kindertjies toe ons by julle was, ons het niks gevra nie. Nee, dit was óns wat vir júlle gesorg het, soos 'n vrou vir haar baba sorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Natuurlik kon ek my gesag daar by julle misbruik het as ek regtig wou. Ek is immers deur Christus self as sy apostel aangestel. Maar ek was glad nie kwaai met julle nie. Allesbehalwe. Ek het julle vertroetel en mooi versorg, net soos ’n liefdevolle mamma wat haar kindertjies borsvoed.