1 Thessalonians 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wat is ons hoop of vreugde of kroon van blydskap? Is julle ook nie in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy koms nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Immers, as ons met Jesus ons Here se terugkeer voor Hom moet staan, wie sal ons vooruitsig of blydskap of erekrans wees, as dit nie julle is nie?
Afrikaans 1933/1953 Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?
Afrikaans 1983 Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want watter hoop of vreugde of kroon van roem, behalwe juis julle, sal daar vir ons by die Here Jesus wees wanneer Hy kom?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie luister na wat ander mense sê nie. Dit is net julle en die ander gelowiges wat ons laat hoop, ons kan bly wees oor julle. Wat sal ons kry vir die werk wat ons gedoen het? Wat sal ons vir die Here Jesus kan wys wanneer Hy weer kom? Ons sal net julle en die ander gelowiges vir Hom kan wys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is verskriklik trots op julle, want ek weet julle is op pad na God se nuwe wêreld. Op daardie dag wanneer ons Here Jesus terugkeer, sal my hart oorloop van blydskap as ons voor Hom staan. Julle sal die bewys wees dat ek my werk vir die Here goed gedoen het. Dan sal ek nie my kop in skaamte hoef te laat sak nie.