1 Thessalonians 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons, broeders, wat vir 'n kort tydjie van julle weggeneem is in die teenwoordigheid, nie in die hart nie, het des te meer probeer om julle aangesig met groot begeerte te sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Broers en susters, nadat ons ’n kort rukkie van julle geskei was — wel uit die oog, maar nie uit die hart nie — het ons hard probeer om julle persoonlik weer te sien omdat ons baie na julle verlang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nadat ons, broeders, 'n kort tydjie van julle geskeie was -- in persoon, nie met die hart nie -- het ons met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig te sien. |
| Afrikaans 1983 | Wat ons betref, broers, toe ons nog maar 'n kort rukkie van julle geskei was — wel uit die oog, maar nie uit die hart nie — het ons so baie na julle verlang dat ons alles in ons vermoë gedoen het om julle weer te sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar, broers, aangesien ons vir 'n kort tydjie van julle geskei is – in persoon, maar nie in ons harte nie – het ons werklik met groot verlange alles in ons vermoë gedoen om julle van aangesig tot aangesig te sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, ons is nou 'n kort tydjie nie by julle nie. Ons voel soos kinders wat nie ouers het nie. Julle kan ons nie sien nie, maar in ons harte dink ons aan julle. Ons het regtig baie hard probeer om by julle te kom, ons het baie verlang om julle weer te sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liewe broers en susters, ons was skaars weg daar by julle, toe begin ek al na julle verlang. Julle was die hele tyd in my gedagtes. Later het ek so baie aan julle gedink dat ek besluit het ek moet julle eenvoudig weer sien. |