1 Thessalonians 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat ons verbied om met die heidene te spreek dat hulle gered kan word, om altyd hulle sondes vol te maak, want die toorn het tot die uiterste oor hulle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 deur te probeer keer dat ons aan die nie-Joodse nasies vertel hoe om verlos te word. Deur dit te doen, is hulle gedurig besig om hulle sondes meer te maak. God se oordeel het egter nou uiteindelik oor hulle gekom.
Afrikaans 1933/1953 deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.
Afrikaans 1983 hulle probeer verhoed dat ons aan die heidene die boodskap bring waardeur hulle gered kan word. Die Jode het nog altyd gesondig, maar nou het hulle die maat van hulle sondes vol gemaak. Nou is dit klaar: die oordeel van God het hulle begin tref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en wat ons verhinder om met die heidene te praat, sodat hulle verlos kan word. So het die Jode se sondes in elke opsig hulle volle maat bereik, en die oordeel het uiteindelik oor hulle gekom!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle keer ons wanneer ons vir die heidene die boodskap wil bring sodat God die heidene kan red. So het die Jode se sondes meer en meer geword, hulle het baie baie skuldig geword. En nou het God hulle begin straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het hulle bes gedoen om my te probeer keer om die goeie nuus aan mense uit ander volke te preek sodat hulle ook gered kon word. Daardeur het hulle hulle eie graf gegrawe. Hulle beker loop oor van sonde! Daarom het God se oordeel hulle reeds begin tref.