1 Thessalonians 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat die Here Jesus sowel as hulle eie profete doodgemaak en ons vervolg het; en hulle behaag God nie en is in stryd met alle mense.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het die Here Jesus en die profete doodgemaak en ons vervolg. Verder stel hulle God nie tevrede nie, ja, hulle is gekant teen alle mense
Afrikaans 1933/1953 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,
Afrikaans 1983 Dit is die Jode deur wie die Here Jesus en die profete doodgemaak en ons vervolg is. Wat God wil, doen hulle nie, en hulle is vyandig teenoor alle mense;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hulle wat die Here Jesus en die profete doodgemaak, en ons ernstig vervolg het, wat God nie tevrede stel nie, en vyandig teenoor alle mense is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die Jóde wat die Here Jesus doodgemaak het. Hulle het die profete laat swaarkry en ook vir ons. Die Jode doen nie wat God wil hê nie, en hulle is téén al die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie Jode wat die kerk nou so vervolg, het ons Here Jesus en God se boodskappers doodgemaak. Hulle tree teen God se wil op. Ja, hulle is niks minder nie as vyande van die mensdom.