1 Thessalonians 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Judéa in Christus Jesus is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Broers en susters, julle het navolgers geword van God se gemeentes in Judea — dit wil sê die Christene daar. Julle het net so swaar onder julle volksgenote gely as wat hulle onder die Jode gely het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Jud,a, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode, |
| Afrikaans 1983 | Broers, dit het met julle gegaan soos met die gemeentes van God in Judea, hulle wat aan Christus Jesus behoort: julle moes van julle volksgenote dieselfde behandeling verduur as wat die gelowiges in Judea onder die Jode moes ly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want julle, broers, het die voorbeeld gevolg van die •gemeentes van God in Christus Jesus wat in Judea is, omdat julle dieselfde dinge onder julle eie mense gely het as hulle onder die Judeërs, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, dieselfde dinge gebeur met julle soos wat gebeur het met die gemeentes van God in die provinsie Judea, hulle is mense wat ook in Christus Jesus glo. Julle het ook swaargekry soos hulle. Julle eie mense het julle laat swaarkry, soos die Jode die gemeentes in Judea laat swaarkry het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My broers en susters, julle weet teen hierdie tyd ook van die gemeentes van God daar in Judea. Net soos julle behoort hulle ook aan Jesus Christus. En, net soos hulle daar in Judea onder die Jode moes ly as gevolg van hulle geloof, ly julle nou ook onder julle eie volksgenote. |