1 Thessalonians 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle is getuies, en ook God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het onder julle wat glo: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle én God is getuies van hoe toegewyd, opreg en onberispelik ons in ons optrede was teenoor julle wat glo. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo, |
| Afrikaans 1983 | Julle, en ook God, is getuie van hoe suiwer, reg en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle is getuies, en ook God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons geword het vir julle wat glo. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle weet en God weet ook dat ons baie hard gewerk het vir julle wat glo. Ons het net aan julle gedink. Niemand kan ons beskuldig nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle weet dat nie ek of een van my helpers ’n voet verkeerd gesit het daar by julle nie. God weet dit ook. Ons het alles gedoen wat Hy van ons verwag. |