1 Thessalonians 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het self aan ons te kenne gegee watter manier van ingaan ons by julle gehad het, en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het om die lewende en ware God te dien;
Afrikaans (NLV) 2011 want die mense praat self oor hoe positief julle ons ontvang het en hoe julle van die afgode af weggedraai het na God toe om die lewende en ware God te dien,
Afrikaans 1933/1953 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien
Afrikaans 1983 Die mense vertel self hoe julle ons ontvang het en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het en nou die lewende en ware God dien
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle self vertel oor ons van die besondere ontvangs wat ons by julle gekry het: Hoe julle omgedraai het na God, weg van die afgode, om die lewende en ware God te dien,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie mense vertel vir almal dat julle gesê het ons is welkom by julle. Hulle vertel ook dat julle die afgode gelos het en begin doen het wat God wil hê. So het julle begin om die God wat lewe, die ware God, te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral waar ek kom, praat die mense oor hoe hartlik julle ons ontvang het. Hulle vertel vir ons dat julle al julle dooie afgode laat staan het om die lewende en enigste ware God te dien.