1 Thessalonians 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want uit julle het die woord van die Here geblaas, nie alleen in Masedonië en Achaje nie, maar ook oral is julle geloof in God uitgebrei; sodat ons niks hoef te praat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 want van julle af het die Here se boodskap nie net in Masedonië en Agaje weerklink nie, nee, óral het julle geloof in God bekend geword! Die gevolg is dat óns eintlik niks hoef te sê nie,
Afrikaans 1933/1953 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedonië en Ach je nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
Afrikaans 1983 Van julle af is die woord van die Here in Masedonië en in Agaje verkondig, en oral het die mense gehoor van julle geloof in God, sodat dit nie vir ons nodig is om nog iets daaroor te sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die woord van die Here het immers van julle af, nie net in Macedonië en Agaje weerklink nie – julle geloof in God het inderdaad na elke plek versprei. Gevolglik het ons nie nodig om meer iets daaroor te sê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het so gelewe, daarom het die boodskap van die Here verder gegaan na Masedonië, en ook na Agaje en al die plekke waar mense gehoor het dat julle in God glo. Ons het toe ook nie vir hulle baie vertel van die boodskap van die Here nie, dit was nie nodig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want van julle af is die woord van die Here oral in dié twee provinsies versprei. Ja, nie net daar nie, maar sommer op baie ander plekke het ander mense gehoor van julle geloof in God. Ek het nie genoeg woorde om vir julle te sê hoe bly ek hieroor is nie!