1 Thessalonians 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons evangelie het tot julle gekom nie alleen in woord nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in baie versekering; soos julle weet watter soort manne ons onder julle was om julle ontwil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want die Goeie Nuus wat ons gebring het, het tot julle gekom, nie net met woorde nie, maar ook deur die krag van die Heilige Gees en met groot oortuiging. Julle weet mos hoe voorbeeldig ons optrede by julle was, en dít ter wille van julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het. |
| Afrikaans 1983 | want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want ons evangelie het nie alleen deur die woord nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en in volle versekering na julle gekom. Net so weet julle hoe ons optrede by julle was: tot julle voordeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons weet dit, want julle het die goeie boodskap by ons gehoor, en nog meer, julle het ook die wonderwerke gesien wat die Heilige Gees gedoen het. En julle het vas geglo dat alles wat ons doen en sê, die waarheid is. Julle weet ook hoe ons saam met julle gelewe het. Ons het dit gedoen sodat julle kon sien hoe gelowiges moet lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goeie nuus oor Christus wat ons daar by julle gepreek het, was nie maar net ’n klompie mooi woorde nie. Nee, die Heilige Gees het ons prediking kragtig in julle lewens gebruik. Hyself het julle oortuig om in Christus te glo. Julle onthou nog baie goed hoe ons daar by julle opgetree het. Julle weet mos dit het net oor julle redding gegaan, oor niks anders nie! |