1 Thessalonians 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat julle weet, geliefdes broeders, julle verkiesing van God.
Afrikaans (NLV) 2011 God het julle lief, broers en susters. Ons weet dat Hy julle uitgekies het,
Afrikaans 1933/1953 omdat ons weet van julle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.
Afrikaans 1983 Broers, ons weet dat God julle wat Hy liefhet, uitverkies het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Broers, julle vir wie God liefhet, ons weet van julle verkiesing;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, God is lief vir julle, en ons weet dat God julle gekies het om aan Hom te behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My broers en susters, julle doen al dié wonderlike dinge omdat God julle baie liefhet. Hy het julle uitgekies om sy kinders te wees.