1 Thessalonians 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dink onophoudelik aan julle werk van geloof en arbeid van liefde en lydsaamheid van hoop op onse Here Jesus Christus, voor God en ons Vader; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons onthou voortdurend hoe julle geloof dade word, hoe hard julle liefde julle laat werk en hoe julle aanhou hoop op ons Here Jesus Christus. In ons gebede noem ons hierdie dinge voor God ons Vader. |
| Afrikaans 1933/1953 | en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader, |
| Afrikaans 1983 | bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ... |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, wanneer ons tot ons God en Vader bid, dan onthou ons altyd wat julle alles doen omdat julle in Christus glo. Ons onthou ook hoe hard julle werk omdat julle lief is vir Christus, en ons onthou hoe julle aanhou hoop en weet dat ons Here Jesus Christus weer sal kom. Ja, julle wag dat Hy sal kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek vertel oor en oor vir God ons Vader hoe julle julle geloof uitleef in alles wat julle doen. Julle liefde vir ander mense vra baie groot opofferings van julle. En julle hou ook onverskrokke vas aan ons Here Jesus Christus se beloftes dat Hy terugkom. |