1 Thessalonians 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En om te wag op sy Seun uit die hemel, wat Hy uit die dode opgewek het, naamlik Jesus, wat ons van die toekomstige toorn verlos het.
Afrikaans (NLV) 2011 en om sy Seun uit die hemel te verwag. Hierdie Seun is Jesus wat God uit die dood opgewek het. Dit is Hý wat ons verlos van die oordeel wat kom.
Afrikaans 1933/1953 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.
Afrikaans 1983 en dat julle sy Seun wat Hy uit die dood opgewek het, uit die hemel verwag, Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en om sy Seun wat Hy uit die dode opgewek het, uit die hemel te bly verwag – Jesus, wat ons red uit die oordeel wat kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wag ook dat God se Seun moet terugkom uit die hemel, God het die Seun weer laat lewe. Die Seun is Jesus, Hy sal ons red wanneer God eendag die mense sal oordeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense vertel ook dat julle baie uitsien na die dag dat Jesus uit die hemel na ons toe sal terugkeer. Jesus is God se eie Seun. God self het Hom uit die dood laat opstaan. Net Jesus kan ons red van die oordeel van God op die laaste dag.