1 Samuel 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het hier byderhand die vierde deel van 'n sikkel silwer; dit sal ek aan die man van God gee om ons ons weg te vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kyk,” sê die jong man. “Ek het nog hierdie drie gram silwer in my sak! Ek sal dit vir die man van God gee sodat hy vir ons kan sê waarheen om te gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog 'n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog. |
| Afrikaans 1983 | Die slaaf het vir Saul geantwoord: “Wag! Ek het 'n drie gram silwer by my. Ek sal dit aan die man van God gee sodat hy vir ons kan sê waar om te soek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die handlanger het Saul weer geantwoord en gesê: “Kyk, ek het nog 'n kwart sikkel silwer by my. Ek sal dit vir die man van God gee, sodat hy vir ons die pad kan aandui.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf het geantwoord: “Ek het nog 'n kwart-sikkel silwer by my. Ek sal dit vir die man gee sodat hy vir ons kan sê waar ons moet soek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het hier nog ’n stukkie silwer,” antwoord die werker. “Ek sal dít vir die Godsman gee, dan kan hy vir ons sê waar om te soek.” |