1 Samuel 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul vir sy dienaar: Maar kyk, as ons gaan, wat moet ons vir die man bring? want die brood is in ons voorwerpe op, en daar is geen geskenk om vir die man van God te bring nie. Wat het ons? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons kan gaan, maar hoe kan ons hom vergoed?” antwoord Saul. “Selfs ons kos is al op. Ons het niks om vir hom as geskenk te gee nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan -- wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en 'n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons? |
| Afrikaans 1983 | Saul sê toe vir sy slaaf: “Nou goed, kom ons gaan, maar wat sal ons vir die man saamvat? Die brood in ons sakke is al op. Ons het ook nie 'n geskenk om vir die man van God te gee nie. Wat het ons?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul sê toe vir sy handlanger: “Kyk, as ons gaan, wat bied ons vir die man aan? Want die brood in ons sakke is gedaan. Hier is ook geen geskenk om vir die man van God aan te bied nie. Wat het ons?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Saul vir die slaaf: “Maar as ons gaan, wat kan ons vir die man saamneem? Want die brood in ons sakke is op. Wat het ons wat ons vir die man van God kan gee?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul sê vir die werker: “Ja, ons kan gaan, maar waarmee betaal ons die man? Die brood in ons sakke is gedaan. Ons het nie ’n geskenk by ons om vir die Godsman te gee nie. Wat anders het ons?” |